Gesteelde Van Gogh kunswerke gevind

Twee skilderye deur die wêreldberoemde kunstenaar, Vincent van Gogh, wat gesteel was, is na 16 jaar weer teruggevind.

Die twee skilderye wat reeds in 2016 teruggevind is, moes eers deeglik onder die skerp oog van kunskenners kom, en moontlike skade moes nagegaan en herstel word.

Die skilderye van die kunstenaar is uit die Van Gogh Museum in Amsterdam gesteel in 2002, en is nou weer terug waar hulle moet wees.

Die kunstenaar het die kosbare werk in die jare 1882 2n 1885 geskilder, wat uiteindelik in die Van Gogh Museum gekom het waar besoekers die werke kon waardeer.

Octave Durham en Henk Bieslijn het die twee skilderye gesteel deur in te breek in die museum, ’n toe die twee werke gevind is, is ontdek dat die een werk ernstige skade opgedoen het en eers dur deskundiges herstel moes word voor dit terug kon gaan na die museum.

Die twee diewe kon eers vasgetrek word nadat hare op die een skildery gevind is en met DNA toetse vasgestel is wie die mense is wat die kosbare werke gesteel het.