Gematigde regses wil meerderheid wees in EU

Die Europese Parlement het sy laaste vooruitskouing van di stemming in Meimaand vir sy verteenwoordigers pas vrygestel.

Volgens die peiling blyk dit dat die gematigde regses, saamgebind in die Europese Volksparty, steeds die meerderheid steun sal geniet.

Indien die Verenigde Koninkryk dan nog lid is en deelneem aan die verkiesing, sal dit die Volksparty ’n verdere hupstoot gee tot ’n meerderheid.

Die Europese Parlement se verkiesing vind plaas vanaf 23 tot 26 Mei, en die stryd sal waarskynlik tussen die gematigde Volksparty en die Nasionalistiese party wees.

Waarnemers is egter oortuig dat die nasionaliste ’n sterk vertoning gaan lewer, en indien die Verenigde Koninkryk nie deelneem aan die verkiesing nie, gaan dit ’n hewige stryd beteken wat die nasionaliste kan bevoordeel.