Geen ooreenkoms met Brexit

Die Verenigde Koninkryk kon met Maandagaand se stemming weer nie tot ’n finale besluit kom oor uittrede uit die Europese Unie nie.

Die laat die vermoede dat die uittrede sonder ooreenkoms sal wees, wat vir beide partye ’n nadelige uitwerking sal hê.

Die tyd is besig om uit te loop vir die Britte en die geduld van die Europese Unie het op geraak met die “besluitloosheid” van die Verenigde Koninkryk.

Vir ’n vierde keer het die parlement die voorstelle van premier Theresa May verwerp, wat die kanse om ’n ooreenkoms met die EU te bereik feitlik onmoontlik gemaak het.

’n Woordvoerder van die Europese Parlement oor Brexit het gesê die VK het die “laaste kans” om ’n ooreenkoms goed te keur vir uittrede, finaal verbrou.

Of nuwe pogings aangewend gaan word om die datum vir uittrede te verander, is ook onwaarskynlik, en sal die Verenigde Koninkryk (VK) op 12 April die EU moet verlaat sonder ’n ooreenkoms.

Waarnemers reken dit kan die onsekerheid by vervaardigers, uitvoer na Europa, en sakelui se onsekerheid verder verhoog wat nadelig sal wees vir die Britse ekonomie.