Familie stel eis in teen Boeing

Naasbestaandes van die slagoffers in die jongste vliegtuigramp waarin 156 mense omgekom het, is nou in proses om ’n hofsaak teen die vliegtuig vervaardiger Boeing te maak.

Die slagoffer was een van die passasiers wat in Ethiopië neergestort het in ’n Boeing 737 Max 8 passasiersvliegtuig.

Die Amerikaanse vervaardiger het twee vliegtuie binne enkele maande gehad wat neerstort met dieselfde probleem in beide gevalle.

Die vliegtuie wat albei nuut is en slegs enkele kere in gebruik was, het ’n onmiskenbare sagteware fout gehad, en Boeing moes ’n nuwe stelsel ontwikkel vir die vliegtuie wat tans deur rederye in gebruik is.

 Jackson Musoni van Rwanda was ’n slagoffer van die laaste ongeluk, en sy familie het nou met ’n hofgeding teen die Amerikaanse vervaardiger begin.

Intussen het Boeing nuwe sagteware ontwikkel maar talle lande het hulle bestellings gekanselleer tot bewys gelewer is dat die probleem reggestel is.