EU veroordeel Maduro regime oor Guido

Juan Guaido

Die Europese Unie het ’n waarskuwing uitgereik teen die beplande vervolging wat die Maduro regime van Venezuela wil instel teen die opposisieleier, Juan Guaido, en daarmee die spanning in die land verhoog.

Die waarskuwing kom nadat ’n Grondwet Vergadering wat ’n slaafse navolger van president Nicolas Maduro is, die weg gebaan het om Guaido te arresteer.

Die Europese Unie se veroordeling van die regime se onbehoorlike optrede teen die opposisieleier word as arrogant beskou omdat die parlementêre immuniteit van Guaido hom ontneem is.

Die EU se diplomatieke hoof, Federica Mogherini, het namens die 28 lidlande die opheffing van die opposisieleier se parlementêre immuniteit is ’n gruwelike oortreding van die land se Grondwet.