EU stel regstappe in teen Pole

Die Europese Unie het met regstappe ten die nasionalistiese regering van Pole begin nadat die land nuwe wetgewing deurgevoer het wat die aanstelling van regters bepaal.

Brussel s optrede volg nadat Pole se proses om regters aan te wys, oorgedra is na die parlement om besluite te neem, terwyl dit in die verlede in die hand van die regters gelaat is.

Die Europese Unie sê die nuwe dissiplinêre stelsel waarvolgens Poolse regters aangestel word maak inbreuk op die vryheid van die regbank.

Die Europese Kommissie het glo ’n brief van amptelike lennisgewing aan die Poolse regering gestuur, wat ook die eerste stap is om ’n hofgeding te begin.

Die dispuut met Pole duur sedert 2017 toe die Poolse regering nuwe hervorming wetgewing aanvaar het, en het die EU verwittig dat Pole nie gediend is dat die EU inmeng in die huishoudelike sake van ’n soewerein onafhanklike staat nie.