Estland in nasionalistiese hande

Kaja Kallas 

Drie konserwatiewe en nasionalistiese politieke partye het ’n ooreenkoms bereik om saam te werk en die regering van Estland te vorm na afloop van die algemene verkiesing.

Die moontlikheid van ’n linkse regering waarvan die premier vir die eerste keer ’n vrou sou wees,  Kaja Kallas  , se hoop is verydel deur die nasionaliste se koalisie.

Die Konserwatiewe Party van Estland het ’n ooreenkoms bereik met die nasionalistiese Vaderland Party en die nasionalistiese Konserwatiewe Volksparty om ’n regering te vorm.

Die drie partye het ooreengekom dat lidmaatskap van die EU en Navo belangrik is, en kon ook ’n indeling maak van ministers vir elke departement.

Die land se president, Kersti Kaljulaid, het die partye opdrag gegee om ’n regerings kabinet saam te stel aangesien hulle 56 van die 101 setels in die parlement verteenwoordig.