Eskom se gemors nog groter

Die skuldlas van die bankrot Eskom is so groot dat die moontlikheid om binne tien jaar te herstel daarvan, nou na ’n onmoontlike situasie lyk.

Dit is die mening van ’n finansiële deskundige in Pretoria nadat verneem is dat die kragvoorsiener se skuldlas R250 miljard is, en nie net R80 miljard soos aanvanklik gedink is nie.

Die verwagting is dat Eskom oor die volgende paar jaar elke keer ’n netto verlies sal toon te midde van die R69 miljard wat die regering beskikbaar gestel het in die afgelope begroting wat deur Mboweni aangekondig is.

Die hoof van Eskom, ene Jabu Mabuza, sê in ’n onderhoud hy wil nie bespreking voer oor hoe die geld bekom gaan word nie, maar wil net sê dat Eskom R250 miljard benodig.

Kenners meen dit gaan Eskom dekades neem om uit sy gemors te kom, maar daar bestaan ook kommer dat die kragvoorsiener die tariewe so gaan opjaag dat verbruikers dit nie kan byhou nie, en sê Eskom dink lankal dat verbruikers hulle geld van bome afpluk.