Eskom: Miljarde word nou spandeer

Madupi kragstasie

Konstruksie by die twee onproduktiewe kragstasies, Madupi en Kusile, gaan voortgesit word in die hoop dat die twee entiteite hulle kapasiteit sal lewer waarvoor hulle aangekoop is.

Die twee kragstasies wat verlede jaar glo voltooi is met ’n koste wat twee keer meer as die begrote bedrag is, kon nog nie produksie lewer soos verwag is nie.

Eskom het egter aangekondig dat die konstruksiewerk op beide kragsentrales voortgaan, en dat dit sowat R36 miljard gaan beloop om die twee op produksie te kry wat aanvaarbaar sal wees.

Dit is nie bekend hoe lank die konstruksiewerk sal duur nie, en dit is ook ni bekend waar Eskom die geld vandaan kry om vir die werk te betaal nie.

Swak ingenieur ontwerpe, uitermatige swak oprigting werk en ’n geweldige gesloer om die werk te voltooi, is van die belangrikste redes waarom die twee kragstasies ’n verleentheid vir Suid-Afrika geword het.