Eskom al weer uitgehelp

Ten spyte van herhaalde versekerings dat Eskom nie verdere finansiële hulp van die staat sou ontvang nie is daar verlede Vrydag R17,6 miljard aan die sogenaamde nasionale kragvoorsiener “gegee”. 

Die lening van Sjina Ontwikkelings Bank kon nie die R7 miljard van die lening uitbetaal soos wat belowe is nie.  Dit blyk dat die finansiële krisis groter is as wat voorgehou is, en dat Eskom se “staats gewaarborgde skuld” tans R291 miljard beloop.

Eskom se totale skuld  beloop reeds R419 miljard, en intussen is Maria Ramos ingeroep om die proses van ontbondeling van Eskom te bestuur. 

Finansiële kenners reken egter dat die ontbondeling nuwe moontlikhede vir korrupsie en wanbestuur kan bevorder.