Erdogan verloor in Istanboel


Die Turkse president Erdogan se AKP party ht die plaaslike owerheid verkiesing in Istanboel verloor nadat die party ’n hertel van stemme geëis het.

Waarnemers sê die tweede telling waarin die amptelike opposisie se Turkse Republikeinse Volksparty gewen het, is ’n swaar en vernederende slag vir die diktator van die land.

Ekrem Imamoglu, die kandidaat van die Republikeinse Volksparty is deur die verkiesingskommissie as wenner aangewys vir Istanboel om die volgende burgemeester te word.

Die 48-jarige opposisie kandidaat het vanaf die stadsaal se trappe die duisend ondersteuners toegespreek en gesê ’n nuwe dag het aangebreek vir die inwoners van Istanboel.

Met die Republikeine se oorwinnings in die twee belangrikste stede van Turkye, word verwag dat president Erdogan se tyd van regeer in Turkye besig is om uit te loop en dat hy ’n volgende presidentsverkiesing nie sal oorleef nie, want die AKP partye het oor twee dekades nog elke verkiesing gewen in die hoofstad Ankara en in Istanboel.