Edgars kry nog tydelike hulp

Die kleinhandel kettinggroep Edgars spartel steeds om 40,000 werksgeleenthede staande te hou deur nie sy deure te sluit weens swak strategiese besluite en boonop strawwe mededinging  nie.

Edgars is die grootste kettinggroep buite die voedsel mark in Suid-Afrika, en hou duisende werkers in hulle poste wat ander instansies laat besluit het om finansiële hulp aan die sukkelende groep te bied.

Die groep het nou daarin geslaag om ’n rente besparende ooreenkoms met ’n aantal verhuurders aan te gaan wat klaarblyklik self bekommerd is dat hulle geboue kan leegstaan as die kettinggroep finansieel ten gronde sou gaan.

Die verhuurders geen Edgars ’n kans om in die volgende twee jaar asem te skep en hulle huis in orde te kry om weer winsgewend te funksioneer.

Edgars het ongeveer 30% van sy mark verloor oor die afgelope dekade, wat daarop dui dat die maatskappy ’n paar dinge verkeerd gedoen het en dringend die aanpassings sal moet maak as hy wil voortgaan.