Durban werkers staak

Werkers van die Durbanse munisipaliteit in die afdeling Water en Sanitasie dienste het aangekondig dat hulle ’n staking gaan uitbrei.

Bewerings word gemaak dat water op stemdag, 8 Mei, nie beskikbaar sal wees nie en dat die stalking sal voortduur tot konsensus bereik is.

 Intussen word foute nie herstel aan die stelsel nie, en is dele van Durban reeds dae sonder water. Die werkers eis dat hulle vergoeding dieselfde moet wees as lede van die  Umkhonto we Sizwe beweging se lede.

Elektrisiteits werkers dreig om aan te sluit by die stakers wat volgens bronne tot ‘n algehele krisis in die stad kan lei.