Duitsland verbied wapen uitvoer na Saudi

Duitsland se verbod op wapen uitvoere na Saoedi-Arabië wat in Oktober 2018 ingestel is, is nou verleng wat gedoen is na die moord op ’n joernalis in die ambassade in Turkye.

Die Duitse verbod teen Saoedi is egter skerp gekritiseer deur die Verenigde Koninkryk en Frankryk wat meen die land moet goed toegerus wees teen moontlike vyandelike magte.

Duitsland se verlenging van die verbod is geldig vir die volgende ses maande, waarna die aangeleentheid weer oorweeg sal word.

Gedurende die volgende ses maande sal geen nuwe kontrakte vir wapens gesluit word met Saoedi nie, het kanselier Angela Merkel later gesê.

Haar besluit volg nadat sy ’n vergadering gehou het met die Duitse koalisie kabinet wat ondermeer bepaal dat die verbod tot September van krag sal wees.