Duitsland oorweeg verpligte orgaan skenking

’n Voorlopige wetsontwerp is in die Duitse bundestag ingesien wat bepaal dat alle burgers van die land moet registreer as orgaanskenkers.

Dit beteken dat alle burgers verplig word om organe te skenk, met ’n opsie om skenking te weier.

Die Minster van Gesondheid, Jens Spahn, het die voorlopige wetsontwerp ingesien met die doel om die ernstige tekort aan orgaanskenkers om te keer.

Die minister se voorstel het ’n hewige debat binne en buite die parlement veroorsaak, en menige kiesers het ernstig beswaar gemaak teen die wetsontwerp.

Met die wetsontwerp word elke inwoner van Duitsland outomaties ’n orgaanskenker, met die verpligting om te registreer as skenker.

Mense sal egter die reg hè om op ’n afsonderlike stelsel te registreer as ’n skenker wat beswaar maak teen die verpligting.

Dokters sal egter moet konsulteer met die naasbestaandes alvorens die oorledene se organe gebruik mag word.