Duitsland hervat wapenverkope aan Saoedi

Duitsland se Geheime Veiligheidsraad het ingestem dat wapens verskeep mag word aan die Koalisiemag in Jemen. 

Dit volg nadat verskeie Europese lande ’n beroep gedoen het op Duitsland om sy besluit te hersien wat bepaal dat geen wapens aan Saoedi-Arabië gelewer mag word nie.

Kanselier Angela Merkel en haar senior kabinetslede het na samesprekings die besluit bevestig en goedkeuring gegee dat wapentuig weer gelewer mag word in die Midde-Ooste.

Wapens mag ook gelewer word aan die Verenigde Arabiese Emirate wat die afgelope jaar ook nie van Duitsland wapens kon koop nie.

Die verbod teen die Midde-Oosterse lande spruit uit die moord voorval op Jamal Khashoggi wat deur Saoedi inwoners uitgevoer is in ’n ambassade in Turkye, wat wêreldwyd opslae gemaak het.

’n Besending van 3 “Dingo” oorlog voertuie en ’n reeks ander wapentuie sal ook aan Qatar versend word.