Duitsland gaan Britte baie mis in EU

Duitsland sal waarskynlik die land wees wat Brittanje die meeste gaan mis in die Europese Unie, en kan ook ’n nadelige uitwerking op die Duitse ekonomie beteken as die Britte uittree.

Dit is die mening van die voormalige Duitse minister, Norbert Röttgen, in die kabinet van kanselier Angela Merkel.

Norbert Röttgen het ook nie gehuiwer om die Verenigde Koninkryk te versoek om weereens te besin oor hulle besluit, en dalk die uittrede te kanselleer.

Hy het die afgelope week se gebeure in die Verenigde Koninkryk se parlement as ’n “uiters rampspoedige” gebeure beskryf.

Norbert Röttgen het aan die media gesê hy hoop die Brexit word nie uitgevoer nie en dat dit van die tafel gevee gaan word.

Kenners wys daarop dat Duitsland waarskynlik die land is wat die grootste voordeel gepluk het uit die Britte se lidmaatskap, en dit word vermoed dat die Duitse verteenwoordigers in die EU kon bydrae tot die “stram weiereing” om verder met die Britte te onderhandel.