Duitse polisie slaan toe op terroriste

Die Duitse polisie se spesiale eenheid het toegeslaan in Düsseldorf en minstens tien verdagte terroriste gearresteer.

Die spesiale eenhede van die polisie het ook in hulle soektog na die verdagtes, afgekom op plofstof wat in een van die depots naby Essen versteek was.

Die polisie is tans besig met ’n anti-terroriste veldtog in verskeie deelstate en die vermoede bestaan dat nog arrestasies gemaak sal word.

Politieke ontleders wys daarop dat die terroriste gemaklik ingesypel het in Duitsland tydens Kanselier Angela Merkel se “oop deur” beleid wat uiteindelik ook haar ondergang as alleen regerende party die septer geswaai het.    

Die ontevredenheid onder Duitse kiesers het so gegroei dat sy verplig was om na afloop van die federale verkiesing, ’n koalisie te vorm met haar grootste politieke opponente uit die sosialistiese kamp.

Duitsland sit nou soos Frankryk, in die onbenydenswaardige posisie dat te veel onwettige immigrante uit die Midde-Ooste na die land is, wat ook ’n groot aantal Islamitiese Staat vegters ingesluit het.