Duitse nasionaliste vat hande met Italianers

Die “Alternatief vir Duitsland” het ’n nuwe alliansie gevorm met die nasionalistiese Liga van Italië sowel as met ander nasionalisties partye met die oog op die komende Europese Parlement se verkiesing.

Die koalisie stel sy visier daarop dat sy versterkte aantal verteenwoordigers in die EU Parlement die liggaam tot positiewe optrede sal ruk.

Die leier van die AFD,  Jörg Meuthen, het die aankondiging gemaak na afloop van ’n ontmoeting met die Italiaanse Adjunk Eerste Minister, Matteo Salvini.

“Ons beoog die hervorming van die Europese Unie asook die Europese Parlement, wat beteken dat radikale veranderings teweeggebring gaan word”, ht die AFD leier gesê.

Die nuwe alliansie sal voortaan bekendstaan as die Europese Alliansie vir Mense en Nasies waarin minstens 10 partye sal meedoen.