Duitse groei nader einde

Die sterk ekonomiese groei wat Duitsland die afgelope aantal jare geniet het, is besig om te verminder en iis nog meer waarneembaar in 2019.

Duitse ekonome waarsku dat die land se goeie groei nog verder gaan afplat sodra die Verenigde Koninkryk uit die Europese Unie vertrek het as lidland.

Die ekonomie het sy toppunt bereik volgens die vyf grootste ekonomiese instellings, en wys dan op die vermindering aan handelstransaksies met die buiteland en die waarneembare daling van ekonomiese groei met byna 1% in die eerste kwartaal van die jaar.

Volgens die verklaring is die onsekerheid van politieke risiko’s een van die belangrikste faktore wat die groei benadeel, en die wêreld tendense speel ook ’n belangrike rol.

Duitsland is erg bekommerd oor die moontlikheid dat Brittanje uit die EU kan tree sonder ’n ooreenkoms, want dit sal ’n direkte invloed hè op die Duitse ekonomie.

Waarnemers wys daarop dat dit een van die redes is waarom Kanselier Merkel alles moontlik wil doen om te keer dat die uittrede sonder ’n ooreenkoms sal wees.