Drie regters aangegee

Regters is verplig om uitspraak te lewer binne drie maande na die laaste hof datum. Intussen is daar 87 uitsprake wat uitstaande is waaronder sewe meer as twee jaar uitstaande is.

Regter Anton van Zyl van die Pietermaritzburg Hooggeregshof is verantwoordelik vir 4 uitsprake wat nie gelewer is nie,  insluitend een saak wat reeds vyf jaar en ‘n tweede ses jaar gelede gelewer moes word.

Regter Siraj Desai het drie uitstaande sake se uitsprake met ‘n totaal van vier jaar agterstallig.

Regter Jacqueline Henriques se agt sake is in totaal 13 jaar uitstaande en  regter Dephney Mahosi hou die rekord van 15 laat uitsprake op haar hofrol.

Dit is nie bekend wat van die aangeklaagdes geword het wat wag om die uitspraak te hoor nie, en kenners reken die regters behoort geskors te word.