Dodetal styg in Libiese geweld

Die Verenigde Nasies se Gesondheid agentskap het bevestig dat die dodetal in Libië weens die gewelddadige opstand, reeds die 200 merk verby is.

Die gevegte in en rondom die hoofstad Tri[oli duur onverpoos voort, en die vrees bestaan dat burgerlikes ook omgekom het.

Die Verenigde Nasies se oproep om die verskille met dialoog uit die weg te ruim, het op dowe ore geval, en die rebellemag se stryd om die hoofstad te beheer, kan nog maande lank voortwoed.

Die jongste verslag toon dat meer as ’n 1,000 gewondes in oorvol hospitale en versorgingsentrums opgeneem is.

Die VN het ook gewaarsku dat die aanvalle op burgerlikes nie aanvaarbaar is nie, maar dit blyk asof die rebellemag nie veel aandag aan die waarskuwings gee nie.