Die Ramaphosa- plakkerskamp bewoners

Die honderde inwoners van die plakkerskamp wat na die ANC se president vernoem is, het pas hulle ontevredenheid getoon oor die swak dienslewering.

Die Ramaphosa-plakkerskamp, ten weste van Germiston, se inwoners vra wat het van die president se beloftes geword om huise te bou vir die mense in die plakkerskamp wat sy naam dra.

Menige inwoners sê hulle gaan nie stem nie, terwyl ander verseg om weer vir die ANC van die president te stem.

Die plakkerskamp is glo nie die enigste waarvoor beloftes van huise gemaak is nie, en by ’n vorige besoek aan ’n woongebied genaamd Alexandria het die president blykbaar gese ’n miljoen huise gaan gebou word.

Iemand wat gevra het waar die geld vandaan gaan kom, is glo nie geantwoord nie.