Die ANC se Eskom slenter

Gerugte doen die rondte dat Eskom hoofde opdrag van die regering gekry het om die elektrisiteitsvoorsiening aan die gang te hou sonder beurtkrag, tot na die verkiesing.

Die opdrag kom in die lig van die ANC se agteruitgang in hulle steun van die kiesers vir die komende verkiesing in Meimaand.

Die ANC het glo gesê Eskom moet die ligte laat brand, ongeag wat dit kos, want dit kan uiters nadelig wees vir die regime as nog kragonderbrekings die land moet tref.

Die moontlikheid dat Suid-Afrika na die verkiesings weer swaar getref gaan word met beurtkrag, wag soos ’n donker wolk op sakelui, nyweraars en voedselprodusente.

Onbevestigde berigte dui daarop dat Eskom werkers vir hulle lewens vrees as hulle nie aan die opdrag kan voldoen nie, en ontsien dus geen finansiële koste om die ligte aan die brand te hou nie.

Die diesel kragopwekkers loop glo 24 uur per dag, en instandhouding word onder toesig van ingenieurs gedoen met die hoop om tot na die verkiesing krag te voorsien sonder onderbrekings.