Darren trap klei met ANC lied

Kurt Darren

Die gewilde popster, Kurt Darren, is genooi om voor die opening van die rugbywedstryd tussen Tukkies en die Maties, die ANC se lied, Nkosi Sikelel’iAfrika te sing.

Die sanger het glo ’n gemors gemaak van die volksvreemd lied wat hy moes sing, en selfs blankes het agtergekom dat hy die woorde verkeerd inspan.

Die uitnodiging om Maandagaand met die Varsity beker se finaal op te tree in Stellenbosch by die Danie Craven Stadion, is deur Darren aanvaar, maar die grootste aantal toehoorders wat waarskynlik nie-blankes is, was nie gelukkig met die uitkoms van die aanbieding nie.

Iemand het op die sosiale media gesê daar was selfs blankes wat gehoor het dat Darren kleitrap met die lied.

Kurt het glo gestruikel met die “O fedise dintwa le matshwenyeho”, wat hy geheel en al uitgelaat het, en vervang het met Zoeloe woorde.