Comair vlugte gaan voort, ongeag moontlike staking

Comair Lugredery sê dat die planne van Vakbonde soos Numsa sal nie die redery tot stilstand bring nie, en planne word deurlopend hersien om die vlugte na te kom.

Die woordvoerder sê egter dat hulle uiters teleurgesteld is oor die gesprekke wat met die vakbond Numsa gevoer is en geen ooreenkoms bereik kon word nie.

Te midde van enige gebeurlikheid, sal Comair se dienste ononderbroke voortgaan, maar die redery het weer ’n tweede rondte samesprekings gevoer met Numsa.

Intussen het Comair selfoon boodskappe aan sy kliënte wat besprekings gedoen het, deurgestuur waarin hulle die versekering gee dat die vlugte ongehinderd voortgaan.

Comair het intussen ’n dringend hofaansoek ingedien om te probeer verhoed dat sowat 200 Numsa werkers begin staak.