Chicago kies swart homoseksuele vrou as burgemeester

Lori Lightfoot

Die Amerikaanse stad Chicago is die eerste groot stad wat ’n swart vrou wat ook ’n selferkende homoseksuele is, gekies tot burgemeester.

Haar verkiesing kom na ’n stryd waarin misdaad en ekonomiese aspekte die hoof tema van die verkiesingstryd was.

Lori Lightfoot het die verkiesing as burgemeester gewen teen die Demokratiese Party se Toni Preckwinkle.

Lightfoot het haar teenstander gemaklik gewen met 74% van die stemme in haar guns teenoor die 26% Preckwinkle wat die hoof is van Cook County.

Die vrou is ’n voormalige federale aanklaer wat ’n paneel werkers om haar versamel het om te bepaal wat die stad se groot probleme is, en daarop haar verkiesingsveldtog gevoer.