Carel Boshoff dalk skuldig aan korrupsie

Die man wat tans op die voorpunt beweeg by die blanke dorpie, Orania, Carel Boshoff, word beskuldig daarvan dat hy betrokke is by korrupsie.

Die beskuldigings draai glo om sy salaris en die aankoop van ’n voertuig, terwyl bewerings gemaak word van binnegevegte en wanadministrasie waarby hy betrokke is.

Daar is glo ’n lang lys van beskuldigings oor wanadministrasie en van binnegevegte in die Orania Beweging waarby Carel Boshoff betrokke is.

Hy het bekend geword as die seun van die bekende professor Boshoff wat in 1990 Orania tot stand gebring het.

Die dorpie het sowat ’n duisend inwoners, en Boshoff word glo verkwalik omdat hy ’n luukse Duitse motor gekoop het en sy eie salaris opwaarts aangepas het.

Dit is egter nie bekend wat die situasie nou is en of daar enig vervolging ingestel gaan word nie.