Britte wil Brexit voor EU verkiesing

Premier Theresa May       

Die Britse Eerste Minister, Theresa May, en haar regerende Konserwatiewe Party wil pogings aanwend om uit die Europese Unie te tree voor die verkiesing van die Europese Parlement.

Om daarin te slaag moet die premier sukses bereik om die parlement voor die nuwe Europese Parlement open in Julie vanjaar.

Die moontlikheid bestaan dat sy daarin kan slaag om uittrede te bewerkstellig, maar meningsvormers sê die verdeeldheid is te groot onder die Britse parlementslede, en dit kan meebring dat Brexit nie uitvoerbaar is nie.

Intussen is daar gewag gemaak van verskeie parlementariërs wat sê dit is beter om sonder ’n ooreenkoms uit te tree as om in onsekerheid voort te gaan en die volk in verwarring te hou.

Konserwatiewe parlementslede sê die premier se pogings om met die linkse Arbeidersparty ’n ooreenkoms te bereik, is ’n onmoontlike taak.