Brexit: Merkel wil “harde uittrede” voorkom

Die Duitse Bondskanselier, Angela Merkel, sê sy sal alles moontlik doen om te voorkom dat die Verenigde Koninkryk sonder ooreenkoms, en met ’n “harde” Brexit, uit die Europese Unie tree.

Politieke ontleders sê die kanselier se optrede is ’n bewys van die kommer wat bestaan dat Duitsland groot finansiële verliese kan lei indien die Britte sonder ooreenkoms uit die EU tree.

Kanselier Merkel het pas ’n dringende ontmoeting gehad met die Ierse premier, Leo Varadkar, in Dublin aangesien die grenskwessie tussen Noord-Ierland en die Republiek van Ierland steeds een van die belangrikste haakplekke is wat ’n ooreenkoms met die EU benadeel.

Noord-Ierland is as lidland van die Verenigde Koninkryk ook deel van die EU, maar het met ’n meerderheid van stemme teen uittrede gestem, wat dit moeilik maak om die ooreenkoms so in te kleur dat Noord-Ierland steeds lid bly, en indien nie, moet die vae grens met Ierland duideliker omlyn word.