Brexit: Datum verskuif na Oktober

Die Britse premier, Theresa May, het met gister se onderhandelinge ’n nuwe uittree datum beding by die Europese Unie (EU) vir die beëdiging van die Verenigde Koninkryk s lidmaatskap.

Die EU het ingestem tot ’n nuwe datum, en 31 Oktober is as finale datum goedgekeur, met die verstandhouding dat uittrede voor die finale datum aanvaarbaar sal wees.

Die toedrag van sake sal die Verenigde Koninkryk waarskynlik noodsaak om deel te neem aan die verkiesing van verteenwoordigers in die Europese Parlement.

Die onus is nou op die Verenigde Koninkryk om oplossings te vind vir die probleme wat tot nou toe veroorsaak het dat die Britse Parlement nie die ooreenkoms met die EU wou goedkeur nie.