Brexit: Arbeiders aanvaar Premier uitnodiging

Met goeie voetwerk van die Britse Eerste Minister, Theresa May, het die leier van die Arbeidersparty, Jeremy Corbyn, ingestem tot samewerking om Brexit deurgevoer te kry.

Dit lyk asof die Verenigde Koninkryk se regering nou sal vra vir die verlenging van Artikel 50 om ’n wyse te vind hoe daar in samewerking met die Arbeidersparty ’n onderhandelde uittrede uit die Europese Unie verkry kan word.

Die Britse premier sê die verdeeldheid oor die aangeleentheid kan nie langer bekostig word nie en samewerking om te voorkom dat uittrede sonder ’n ooreenkoms plaasvind, nou noodsaaklik geword het.

Premier Theresa May het dit duidelik gestel dat sy nie die Verenigde Koninkryk wil laat deelneem aan die komende Europese Parlement se verkiesing nie.

Twee dae gelede het die Britse premier ’n maraton vergadering gehad met haar kabinet, en die vermoede bestaan dat sy hulle goedkeuruing gekry het om met die Arbeidersparty saam te werk om ’n oplossing vir die dooiepunt oor uittrede te kry.