Boeing verminder 737 Max produksie

Die vliegtuig vervaardiger Boeing van Amerika het aangekondig dat hy die produksie van sy 737 Max model verminder met 20%.

Die aankondiging volg enkele weke na ’n tweede Boeing neergestort het kort nadat dit opgestyg het, deels weens ’n tegniese fout in die sagteware.

Die woordvoerder van Boeing sê in ’n verklaring dat die produksie van 52 verminder word na 42 vliegtuie per maand, wat die vermoede laat ontstaan dat talle bestellings reeds gekanselleer is.

Die reëlings volg nadat ’n Boeing 737 van Ethiopië Lugredery neergestort het en die 157 mense aan boord almal omgekom het.

Vyf weke voor die ramp, het ’n ander Boeing 737 van Lion Lugredery ook geval en is al 189 aan boord gedood.

Ondersoeke het aan die lig gebring dat albei die vliegtuie toegerus was met ’n foutiewe sensor stelsel wat veroorsaak het dat die vliegtuie met die neus godwaarts gerig, in die aarde vas gevlieg het.

Intussen het Boeing die fout in die sagteware opgespoor en glo reggestel, maar intussen het die maatskappy se aandele met sowat 23% gedaal in waarde.