Boeing erken sagteware foute

Die Amerikaanse vliegtuig vervaardiger Boeing sê hy het wel nog een “relatief minder belangrike” fout ontdek in sy 737 Max X vliegtuie se sagteware.

Vroeër het die vervaardiger ook erken dat hy ’n sagteware fout gevind het, wat bekendgemaak is kort nadat vasgestel is dat die twee vliegtuie wat neergestort het, dieselfde fout gehad het.

Die foute in die sagteware word allerweë gesien as die red waarom die twee vliegtuie op dieselfde wys geval het kort na opgestyg is.

Intussen het ondersoekers bevind dat die twee vliegtuie, wat vyf maande na mekaar neergestort het, se vlieëniers onskuldig is omdat hulle die presiese instruksies van Boeing gevolg het.

Boeing sê die klein fout in die sagteware is intussen reggestel en getoets, maar deskundiges meen die Boeing maatskappy moet die vliegtuie regoor die wêreld se sagteware vervang en waarborge gee dat deeglike toetse gedoen is.

Intussen het meer inligting bekend geword, waarvan die opspraakwekkendste is dat die “swart kassie” van die vliegtuig daarop dui dat die vlieënier ook fouteer het gedurende die opstyg fase van die vliegtuig.