Binnelandse Sake se stelsel is kreupel

Alhoewel sekere dienste tog hanteer en afgehandel kan word, is die Departement Binnelandse Sake opgesaal met ’n nuwe stelsel wat veroorsaak dat sekere dienste nie gelewer kan word nie.

By die groot kantore regdeur die land is die Departement se stelsel kreupel genoeg om nie die nuwe ID-kaart te produseer sowel as paspoorte nie.

Ingeligte bronne sê die Departement het nie die ou stelsel behou tot die nuwe stelsel bewys gelewer het dat dit voldoen aan al di vereistes nie.

’n Woordvoerder van die Departement sê al die ander dienste soos huwelik sertifikate, sterfte sertifikate en geboorte registrasie is steeds beskikbaar.

Die Departement het sy verskoning aangebied vir die fout, maar mense wat dringend ’n paspoort benodig, is woedend omdat hulle werk vereis dat hulle na die buiteland reis, terwyl ander vakansiebesprekings gedoen het wat nou verval weens die Departement se onvermoë.