Binnelandse Sake drie weke “van lyn”

Die kantore van Departement Binnelandse Sake in Natal was sedert 29 Maart 2019 sonder enige rekenaar ondersteuning en kon geen aansoeke  vir ID of paspoorte hanteer nie. 

Dit is veroorsaak weens ‘n “opgradering” van die stelsel . Na berig word was 193 kantore is beïnvloed deur die tegniese probleme.

Volgens ‘n woordvoerder is die stelsel weer in werking en word die tans “gestabiliseer”, wat dit ook al beteken.

Dit blyk dat mense wel gehelp kan word, maar die nuwe stelsel is vreemd vir die operateurs en die diens gevolglik nog stadiger as wat dit voorheen was.