Bewaar en bewerk – erfenis in praktyk

Vra die regte vrae – daarsonder mag jy dalk antwoorde kry, maar nie noodwendig die regte antwoorde of inligting, afgestem op die regte oplossing nie.

Ons moet ook verstaan dat “bewaar en bewerk” moet veel wyer verstaan word as om bloot hier en nou ons kulturele erfenis te beskerm, uit te leef en oor te dra na ons opkomende geslagte.

Een van die regte vrae is:

Hoe gaan ons volk die geestelik-fisiese aanslag van volksmoord – in elke verskyningsvorm – suksesvol oorleef, as Christen-volk?

So onbeskryflik tragies as wat die slagting onder ons volk tans is, moet ons uit ons verlede leer:

Nieteenstaande die moord kampe en verskroeide aarde, het ons voorsate in 1902 CNO skole die lig laat sien – in baie gevalle is kampskole weer herorganiseer.

Die eerste verdediging (antwoord) is dus om ons kinders toe te rus, nie met blote bewaar / bewerk vaardighede nie, maar met die moreel-etiese onderbou van gereformeerde onderwys.

Gereformeerde onderwys moet noodwendig ’n verlengstuk wees van ouers se aktiewe verbonds-lewe, op elke lewensterrein.

Dan kry ons erfenis vrugbare grond en toegewyde nasate …

’n Tweede regte vraag:

Hoe gaan ons, ons eie geledere uitsif, suiwer?

Die uitdaging is om eie geledere te suiwer van vreesagtige draadsitters, wat met enige groepering “ter wille van” kompromisse aangaan, maar óók van nie-denkende fundamentaliste wie dieselfde haat as ons vyande adem.

Die Christen-volk is daardie volk wat nét die smal weg bewandel – elke dag.

Dit is ’n  volk wat nie huiwer om die kanker uit eie geledere uit te sny nie, want op die vrugbare grond sal slegs suiwer saad standhoudende vrug lewer; maar dit is ook ’n volk met onderskeidingsvermoë om terug te neem wie opreg terugkeer na die volk – met verantwoordelike omsigtigheid.

Die derde regte vraag wat aan die orde gestel moet word:

Hoe gaan ons konstruktief ons erfenis weer opeis, soos dit ’n Christen-volk betaam?

Ons moet ophou om met negatiewe strategieë te probeer bou: die waarheid van ANC-beleid is in wese wat ons vir onsself koester – ons volksbelang:

Dit is nie die “wat” waarteen ons moet stry nie, maar die “hoe”.

Ons moet onbeskroomd aandring op ’n eie ruimte – vir ons eie kinders, ons eie skole, ons eie besighede – uiteindelik weer ons eie land met ’n eie regering, geskoei op eie geloofswaardes en -beginsels.

En ons moet terugkeer na volksdiens, staatsdiens – ’n beginselvaste volk, in ’n eie land op beginsel gebou, moet noodwendig breek met die eiebelang van die Engelsman se party-politiek.

Prakties sal erfenis-bewaring en erfenis-bewerking, in sy ryke verskeidenheid, op elke lewensterrein, ons volk kan terugplaas op die pad na vryheid, mits ons die onderbou suiwer begin, en suiwer volhou.

Só sal erfenis-in-praktyk ons mense opnuut leer dat volksvryheid is volkslewe – dit is dinamies, nie bloot ’n  bestemming nie.