Besonder Hoë Reënval in SA

Die volgende plekke het bo-gemiddelde reën die afgelope naweek gehad:  Durban 165mm; Paddock 235mm; Pennington Suid 104mm; Virginia 163mm en Port St Johns 190mm. 

Die droogte geteisterde Noord-Kaap kan ook vloede verwag aangesien reën in Prieska, De Aar, Calvinia en Kimberley voorspel word.  Intussen het die dodetal in Natal weens die vloede gestyg tot 23.

Weerkundiges sê die voorkoms van oorstromings kan toegeskryf word aan die klimaatsveranderings wat wêreldwyd tot oorstromings lei.

Die onlangse oorstromings in ander dele van die wêreld het honderde mense se lewens geëis, en duisende dakloos gelaat.