Belgiese banke weier Moslem rekeninge

Moslems het begin met gebed groepe omdat hulle oortuig is daarvan dat die bankiers in België teen hulle diskrimineer.

Nadere ondersoek toon egter dat die banke verskeie moskees se rekeninge gesluit het, en nuwe rekeninge geweier het vanweë die ’n te groot risiko daaraan verbond.

Die bankiers het glo afsonderlik besluit om nie nuwe rekeninge te open vir Moslems nie, en het selfs so vêr gegaan as om bestaande rekeninge te sluit.

Moslem leier het intussen ook ’n klag ingedien by die oorkoepelende gesagstruktuur omdat hulle as kliënte geweier word.

Die klaers beweer dat die rekening gesluit word, en nuwe rekeninge nie geopen word nie, sonder om ’n rede te verstrek aan die kliënte.