Bekende landmerk in ligte laaie

Vir meer as 800 jaar staan Notre Dame Katedraal as ’n Franse landmerk en was oor eeue die bymekaarkom plek van groot en belangrike byeenkomste en gebeurtenisse.

Hier massiewe gebou, met sy besondere binnekant spreek van trotse Franse geskiedenis en ’n onberekenbare kultuurerfenis.

Sedert sy oprigting in die 12 de eeu het die pragtige gebou as ikoon gesien, maar staan nou in ligte laaie weens ’n brand wat op onverklaarbare wyse ontstaan het.

Mense het op die straatkante gestaan en kliphard gehuil by aanskoue hoe die vlamme die kunswerke vernietig wat vir so baie mense ook die simbool van Christelike waardes geword het.

Die Franse president, Emmanuel Macron, het gesê dat die tragies gebeurtenis reggestel sal word deur kundiges aan te wys wat die pragtige gebou kan restoureer tot sy oorspronklike toestand.