Bejaarde Buthelezi se IFP verloor steun

Mangosuthu Buthelezi

Die Inkatha Freedom Party (IFP) van die bejaarde Prince Mangosuthu Buthelezi, het groot steun verloor in die afgelope paar jaar, en die leier glo die skuld lê aan die voete van Jacob Zuma.

Hy sê baie van sy ondersteuners het Zuma ondersteun omdat hy die land se president was, en ook president van die ANC is.

Hy glo dit het die trotse Zoeloes laat besluit om die land se president, wat ook ’n Zoeloe is, te ondersteun.

Die Zoeloes het glo besluit om eerder president Zuma te ondersteun aangesien hulle verneem het dat die parlement en regering deur Xhosa lede oorheers word.

Politieke ontleders wys egter daarop dat die IFP leier, wat reeds die 90 jaar merk verbygegaan het in jare, waarskynlik die grootste rede is vir die baie steun wat sy party verloor het.

Daar bestaan ’n sterk vermoede dat die IFP uiteindelik as politieke struktuur sal verdwyn na Buthelezi se uittrede.

Mangosuthu Buthelezi het later aangekondig dat hy nou uittree en dat ’n nuwe partyleier binnekort verkies sal word.