Bedrog vermoed in Padongelukkefonds

Die Padongelukke Fonds, wat direk van heffings uit brandstof gefinansier word,  het aangekondig dat ongeveer R1 miljard betrokke is by bedrieglike aansoeke in die 2017/18 boekjaar.  

Ongeveer 514 sake word tans deur die SAPD ondersoek.  Ondersoeke deur die Bedrog-afdeling van die Fonds het daartoe gelei dat ‘n groot aantal prokureurs van die rol geskrap en dokters asook polisiebeamptes gearresteer is.

Die korrupsie en diefstal wil maar nie tot ’n einde kom nie, en die miljarde Rand wat hierdeur verlore gaan, is waarskynlik die belangrikste rede vir die uiteindelike rommel status waarin Suid-Afrika beland.