Bayer verminder personeel met duisende

Die farmaseutiese reus in Duitsland, Bayer, het aangkondig dat hy een uit elke sewe personeellede van die 32,000 in diens, gaan aflê.

Die maatreël vorm deel van sy dringende herstrukturering wat noodsaaklik geword het weens die regstappe wat teen hom ingestel word en die finansiële implikasies daarvan.

Die farmaseutiese en landbou produkte maatskappy het bevestig dat sowat 4,500 werksmense se poste afgeskaf gaan word.      

Benewens die afleggings word 12,000 werkers in sy buitelandse kantore ook afgelê wat ’n vlaag van protes veroorsaak het.

Bayer sê die afleggings is noodsaaklik om winsgewend te bly en ook kompeterend in die mark te wees.

Bayer het verlede jaar die Monsanto maatskappy in die VSA oorgeneem teen ’n astronomiese som geld, en kort daarna het ’n hof teen die maatskappy uitspraak gelewer oor sy Roudup onkruiddoder wat bevorderlik is vir kanker, en die maatskappy nou miljoene dollar se eise in die gesig staar.