Bankrot Zim moet boere vergoed

Robert Mugabe

Die roekelose grondgryp program wat in 2000 en 2001 in Zimbabwe uitgevoer is in opdrag van die voormalige president, Robert Mugabe, het nou geboemerang.

Die Mugabe regime het blanke boer soos honde van hulle grond verjaag, en swartmense op sekere plase laat bly terwyl Mugabe na bewering talle plase vir homself opgeëis het.

Plaaswerkers het oornag plaas besitters geword, maar uiteindelik geen produksie gelewer nie en Zimbabwe het op die rand van ’n hongersnood gestaan tot internasionale hulp die krisis afgeweer het.

’n Tussentydse betaling aan die boere, gaan nou dur die Zimbabwe regering gedoen word, en elke boer sal ’n deeltjie van die R238 miljoen ontvang.

Die land se Minister van Finansies en Landbou het glo gesê die registrasie en finale opstel van ’n lys van boere wat kwalifiseer, sal teen die einde van April gereed wees waarna die uitbetalings gedoen word.

Waarnemers sê die druk vanuit die buiteland het die Zimbabwe rgering gedwing tot optrede om die onreg rg te stel, maar kommer heers oor wanneer ’n volgende betaling gemaak gaan word en hoeveel elke boer uiteindelik sal ontvang.

Die boere se tribunaal wat begin het met ’n internasionale regsproses om geregtigheid te laat seëvier, is waarskynlik die beste poging wat begin is en die regering tot optrede te dwing

Tans is daar slegs ’n paar van die oorspronklike 4,500 blanke boere oor in die land, en die regering se oproep dat die boere moet terugkeer het op dowe ore geval.