Bankrot SA se bankrot regeerders

Terwyl almal deur die ANC regime aangemoedig word om te help bou aan die ekonomie, sorg die sogenaamde regeerders dat die belastingbetalers se bydrae tot die staatskas roekeloos verkwis word.

As R750 miljoen uit die leë staatskas opgediep word om AN ministers en adjunkministers se huise op te knap en selfs duisende Rand betaal vir hondehokke, dan is dit geen wonder dat die land bankrot is nie.

Benewens die verkwisting word die Uniegebou se matte vervang teen ’n astronomies bedrag, wat die vrae laat ontstaan hoeveel korrupsie is al weer hier na te speur.

Sedert 2014 het die magsug weereens duidelik geword met die miljoene Rand wat spandeer is om luukse motors vir die ministers aan te skaf, en kry die spandabelrigheid nie einde nie.

Op 25 Mei word die regime se president ingehuldig, en word miljoene Rand spandeer om die geleentheid op die Loftus Versveld Stadion aangebied waar tientalle leiers uit Afrika ook ’n sitplek sal kry om gesien te word.

Daarmee as agtergrond is dit nie vreemd dat die Boere-Afrikaners weier om na die stembus te gaan nie, want deur te gaan stem, word erkenning gegee aan die regering wat immers nie ’n regering vir ons volk is nie.

Die vrotsige argument dat nie-stemmers ook nie mag kla nie, laat volksgenote koud, want kla sal ons kla, en verkwalik sal ons almal wat “Ja” gestem het toe ons nog ’n vrye volk in ons eie land kon wees.