Bankrot regering se bedenklike skema

Die ANC regering het aangekondig dat ‘n hersiene finansiering-skema in plek gestel is. Volgens die skema sal eienaars van ou taxi voertuie wat geskrap word,  nou vergoed word met R124,000. 

Meer as 1,900 Toyota paneelwaens wat onwettig omskep is as taxi voertuie gaan geskrap word. Teen einde 2018 is meer as 72,000 bussie voertuie gekrap teen ‘n koste van R4, 4 miljard.

‘n Verdere 70,000  taxi busse wag om geskrap te word, waarvan die betaling aan die eienaars uit di belastingbetaler se sak sal kom.