Apartheid: Die ANC Verantwoordbaarheid.

Die tragiek in ons land is geleë daarin dat Afrika nooit, maar nooit verantwoording aanvaar vir eie tekortkominge of mislukkings nie.  Daar sal altyd iets of iemand ander gevind word om te blameer. 

In net meer as 25 jaar het ‘n Godlose, kommunistiese regering daarin geslaag om ‘n eens welvarende land te “regeer” tot op die rand van bankrotskap.

Wat die saak nog erger maak is dat misdaad buite beheer geraak het, dat weinig indien enige staats departement werklik na wense funksioneer  en dat plaaslike owerhede nie in staat is om dienslewering te waarborg aan belastingbetalers nie.

Nou kom die blaam verskuiwing. “Apartheid is die oorsaak van die morele verval en sosiale siekte van die land”.  Dit die woorde van die ANC se nasionale uitvoerende komitee se lid, Mathole Motshekga, tydens ‘n “sosiale samehang en morele wedergeboorte”  inligtings sessie.

Nou kom Ramaphosa en wil ‘n inter-geloof byeenkoms daar stel om die verval in die land aan te spreek. Daardeur wil hy die negatiewe invloed van apartheid omkeer.  Volgens die ANC is Ramaphosa se onbetwiste morele karakter een van die faktore wat die omkeer sal beïnvloed.  Daar sal ook voortgegaan word om die studie van gedekoloniseerde geskiedenis verpligtend te maak in skole. Sien hierin die verdere indoktrinering van ons jeug.

Barbaarse figure soos Jan van Riebeeck, Vasco da Gama en Paul Kruger sal vervang word met “stryders wat wit kolonialisering” uitgedaag het.

Durf ons nog sit en toekyk hoe alles tot niet gaan?  Is daar nog êrens ‘n vonkie oor van die Voortrekker strewe na selfbeskikking?  Gaan ons volk willens en wetens ‘n verkiesing binne met die wete dat die uitslag daarvan geen, maar geen, voordeel vir die Blanke Afrikaner Boer inhou nie ?

Dr Sakkie van der Merwe