Ambassadeur se vrou skuldig aan bedrog

Portia Sizani

Portia Sizani het jare gelede as onderwyseres in Oos-Londen skoolgehou en is later getroud met die ambassadeur van Duitsland.

Die afgelope Vrydag moes sy egter in die hof verskyn op aanklag van 15 voorvalle van bedrog em 9 gevalle van geldwassery.

Sy is in die Handelshof van Port Elisabeth verhoor en op al die aanklagte skuldig bevind waarby meer as R1 miljoen betrokke is.

Sy is in 2016 onskuldig bevind op 5 aanklagte van die 15 wat in die hof aangehoor is, en die hof kon haar nie skuldig bevind nie weens die afwesigheid van ’n belangrike getuie.

Te midde van alle vorige gebeure, staar sy nog steeds 16 aanklagte van bedrog en 10 aanklagte van geldwassery in die gesig waarby R1,2 miljoen betrokke is..

Haar bedrog spruit blykbaar uit die Departement van Onderwys wat bedrae toeken vir Graad R kinders, terwyl sy glo
nuwe onderwysers” se besonderhede ingestuur het en die salaris daarvan ontvang het.