Almal kwaad vir Sanral

Honderde motoriste is kwaad vir Sanral omdat hulle nie onmiddellik die uitstaande rekeninge se bedrae afgeskryf het soos wat onderneem is nie.

Sanral het verlede week aangekondig dat sy Raad besluit het om alle uitstaande skuld af te skryf, en alle dagvaardings terug te trek.

Voor Sanral die daad by die woord kon voeg, het die ANC se Minister van Finansies, Tito Mboweni skerp gereageer en die tollenaars versoek om die besluit te herroep.

Kenners het gesê die Sanral besluit is die voorloper om die e-rol stelsel finaal te kelder, en Mboweni is daarvan bewus dat nog ’n potensiële inkomstebron kan sink.

Geen verklaring is ontvang van Sanral oor wat hulle jongste voorneme is nie, en daarom moet motoriste liewer wag voor hulle ’n glasie klink op skuld wat afgeskryf word.

Motoriste sê dit is jammer dat Sanral so stadig gereageer het en nog nie, soos belowe is, die skuld dadelik afgeskryf nie.