Algeriese kiesers steeds in protes

Dit is reeds twee weke sedert president Abdelaziz Bouteflika van Algerie geswig het onder die druk ’n sy bedanking ingedien het, maar die kiesers is nog ontevrede.

Die president, wat na 20 jaar moes bedank is nie voldoende nie, en honderde duisende kiesers eis dat sy voormalige vennote en mede-regeerders ook hulle poste moet ontruim.

Die protesteerders is ook ongelukkig met die land se politieke stelsel en eis dat die regering se alliansie vennote ook moet bedank.

Die protesteerders aanvaar nie die tussentydse regering nie, veral nadat die Algeriese Grondwet Raad ook bedank het uit druk wat deur die protesteerders uitgeoefen is.

Met plakkate en baniere waarop die regeerders uitgeskel word as ’n :klomp diewe en rowers” word die druk al groter dat ’n nuwe verkiesing gehou word om ’n regering saam te stel uit die burgerlike bevolking.